Broadcaster
Past. Sanita Pelser
Ek is Pastoor Sanita, geroep om as Boodskappertjie van GOD, boodskappe af te lewer soos dit GOD behaag, ongeag die gevolge. Die HERE JESUS CHRISTUS, my laas jaar Augustus gestuur gaan sê vir my volk vlg jaar 2024, sal die opbrengs van die oeste, wêreld wyd te min wees vir die wêreld se bevolking, April bevestig die: https://www.ncei.noaa.gov, die wêreld se tekorte aan oeste, so erg dat daar reeds in April te min kos is vir 20 miljoen mense net in die Suidelike halfrond van Afrika, sonder om die ander wêreld plekke in ag te neem. Die HERE is my BORG oor die boodskap afgelewer. Ek kondig September 2023 dat die BID en Glo tydperk aangebreek het, soos ek dit direk uit die kamers van die hemel ontvang het, voor die Uurglas, wat besig is, om uit te loop. April Bevestig die HERE die Aankondiging met die Sonsverduistering, wat wêreldwyd gesien en ervaar kon word. Gee die HERE my meer as eenkeer 'n gesig van wat op SA wag, van donkerwolke, bloed, chaos en baie trane, en sê, die verkiesing is die vuurhoudjie, wat die vuur onder die pot aansteek, U spreek en sê, sê vir MY volk, wee hulle wat nie Gered is wanneer daardie pot oorkook nie, gaan en Waarsku MY volk dringend. Ook hierin sal GOD se wil geskied, ongeag hoe dit op die oog af mag lyk.
Ek het 'n Kragtige bediening deur die HEILIGE GEES, het die hel, die eerste keer, op 3 jaar gesien. Was in die Boek kamer van die HEMEL, waar elke mens se woorde en dade opgeteken word. Was ook by die Uurglas in die hemel, en kan net mense maan dat die tyd byna verstreke is, die Uurglas is vinnig besig om uit te loop. Ek het ook die voorreg gehad, om in die SKADUWEE, van die HEILIGHEID, van GOD, se Teenwoordigheid te vertoef, al wat ek kan sê, is as GOD se SKADUWEE van SY HEILIGHEID so 'n Kragtige uitwerking op die nietige mens het, wil ek nooit GOD se Woede ervaar nie. Kan ek net sê, ek weet, waarom Paulus ons maan, om ons eie Heil uit te werk met Vrees en Bewing. Dit is vir my 'n voorreg om as Boodskappertjie, van GOD elke dag in die Teenwoordigheid van die HEILIGE GEES, bedien te word, met die WAARHEID van GOD se WOORD en SY GEREGTIGHEID, in my stiltetyd, in my Dagstukkies en in elke dag se Woord wat ek nou al 'n paar jaar elke dag, Kragtig, bring. 'N volledige WOORD uit die Kamers van die HEMEL. Met die HERE JESUS CHRISTUS as my BORG. Ek glo in gebed. Gebed het vir my, my kar voorsien, om die werk van die HERE te kan doen. Ek met 'n gesin in totaliteit van 4, sonder enige vaste inkomste, sonder 'n fisiesiese bediening, net foon bediening, geen ander inskomste van ander se tiendes ens nie, in totaliteit afhanklik van die ALLERHOOGSTE GOD. Ook daar is die HERE JESUS CHRISTUS my BORG, het ek elke dag wat ek nodig het om Kragtig voort te gaan is SY WAARHEID. Kan ek Getuig, van die Krag van Gebed, en die Getrouheid van GOD, om te voorsien aan hulle wat HOM waarlik in GEES en WAARHEID aanbid. Om noukeurig te Wandel volgens die WAARHEID van GOD se WOORD, en baie belangrik, om die tyd werklik elke dag uit te koop om 'n hele paar uur, met GOD deur te bring, in SY Teenwoordigheid te vertoef, hoe meer tyd jy met GOD spandeer, hoe Kragtiger word SY WIL, Lewend, in jou lewe.