Broadcaster
Hennie van Staden
My Bediening is Jesaja 35.
Ek dien die Here al sedert 27 Maart 1981 (my Matriek jaar) en was al in beroepe in beide die meganiese en finansiële bedrywe.

Reeds vroeg in 2016 het Vader aangedui dat Hy my van die sekulêre bedryf gaan onttrek en my voltyds aanwend vir Sy koninkryk.

Op 22 September 2016 stuur iemand Jesaja 35 via watsap en bevestig dis my roeping asook opdrag van Vader.

Ek verlaat die sekulêre bedryf finaal op 1 Maart 2017 en leef sederdien uit geloof.
Ek verkondig woord leringe ter bevordering van geestelike groei vir alle lede van Jesus se liggaam.
Skakel gerus in op my program en kom ontvang U deel van hierdie gawe van God saam met my.