Broadcasters

Dr Portia (passionately known as sis Posh) has been a disciple of Jesus Christ for decades. She is passionate about sharing the good news of Salvation in Jesus Christ.
Let's share the matchless love of a selfless Saviour. (Jer 31:3).

Hope Tabernacle Ministries

FGHL Ministries is die Tent van Samekoms en Ware Aanbidding.

Ek het tot bekering gekom op 22 jarige oderdom en was vir 35 jare in Lewede Woord Kerk.
Het kursusse gedoen by Keer punt bediening, 'n 3 jaar kursus.
In n leerskool saam die Heilige Gees my beste vriend .
Ek is ook 3 jaar in n Gebedsgroep van intersessie en baie vrymaking beleef.....
25 jaar in gebedsterapie en bevryding.

Vandag is ek n gebedsterapeurt en al 8 jaar by Woordkerk Wonderboom, Pretoriand oer Past. Nolan van Zyl.

In ons kerk het ons n kurss wat Vrymakende waarhede genoem word ....en ek het n aand wat genoem word Deurbreuk aand waar ek gebedsterapie saam met die Heilige Gees.....koperatief mense vry bid.

Ek nooi jou uit om na my program te kom luister "Waar die tekkie die teer tref". Wat Vader my geleer het van gebed
En die woord....en allerdaagse lewe saam die Heilige Gees.....en die liefde wat Hy vir jou en my het.....

My Bediening is Jesaja 35.
Ek dien die Here al sedert 27 Maart 1981 (my Matriek jaar) en was al in beroepe in beide die meganiese en finansiële bedrywe.

Reeds vroeg in 2016 het Vader aangedui dat Hy my van die sekulêre bedryf gaan onttrek en my voltyds aanwend vir Sy koninkryk.

Op 22 September 2016 stuur iemand Jesaja 35 via watsap en bevestig dis my roeping asook opdrag van Vader.

Ek verlaat die sekulêre bedryf finaal op 1 Maart 2017 en leef sederdien uit geloof.
Ek verkondig woord leringe ter bevordering van geestelike groei vir alle lede van Jesus se liggaam.
Skakel gerus in op my program en kom ontvang U deel van hierdie gawe van God saam met my.

My naam is nederige dienskneg Johann De Beer
Die program wat ek aanbied is AKSIE 2021 - Stem in die Woestyn
Dis waar ons bietjie gesêls uit Die WOORD van Die HERE en lekker saam kuier om Die WOORD, en ook saam BID vir mekaar, en vir andere ✝️️
Baie SeënGroeteLiefdeVredeShalom ✝️️ in JESUS CHRISTUS PRAGNAAM ✝️️
Johannes 20:21
"Soos Die VADER MY gestuur het, stuur EK julle ook"

Ek is Naomi Fritz
Ek is 60 jaar oud en huisvrou
Jesus is my Hele lewe. Ek behoort aan Hom. Ek het n intense begeerte om vir die Here se werk iets te doen en te beteken .. Baie Dankie Here vir die geopende deur wat U vir my gegee het. Ek is ook besig met pastorale studies en behoort dit binnekort te voltooi. Ek is Mal oor My Bybel studies, geestelike musiek en kerk .
Dan kook en bak ek graag en doen inkleur werk in my joernaal Bybel

Ek is n geroepe kind van God vir God en Hom alleen.
Ek het groot geword in Pretoria my hele familie was Nederduits Hervomdes lede's waar my Oupa tot sy dood n Ouderling was en my Pa n Diaken.
Soos die 3 Suster Kerke glo is ek in 1967 klein gedoop. So het ek sondagskool toe gegaan aangeneem en voorgestel in 1983.
Na ek skool verlaat het in 1984 het ek die Hervormde kerk bedank en het ek na die AGS kerk die Hout Kruis Gemeente in Silverton gegaan waar ek kursesse gedoen het en waar ek besluit het om my groot te laat Doop in 1997.  Ek het nooit toe weer aan n ander kerk behalwe die Pinkster kerk n begeerte gehad nie en het gegroei in Gees.
Ek het n begeerte in my om net meer en meer van Jesus te weet.
In 2022 het ek deur True Vine Word Academy begin studer met my mentor Dr Annatjie Higgens. 
In 2022 gradeer ek Certificate in Ministry en Deploma in Ministry.
In 2023 gradeer ek Bachelor Degree in Ministry, Bachelor Degree in Ministry Honors en Bachelor Degree in Counseling.
As dit die Here se wil is gradeer ek 2024 Master Degree in Apostolic Ministry.
Ek is maar n baba Predeker/Pastoor wat God al die eer gee vir wat ek tot dusvêr beryk het.

Pastoor Teddy is al 10 jaar in die bediening, het ook 'n gemeente FGHL Grootvlei.
Ek doen ook Huweliksbevestiging, Begrafnisse, Berading.

Pastoor Teddy het die grootste hart en die mooiste persoonlikheid sy gemeentelede en almal wat hom ken weet hoe groot hierdie man van God se hart is, 'n passie vir die verkondiging van die Waarheid, reg gesny volgens die Woord van God en 'n groot hart vir die wat minder bevoorreg is.
Gesalfde prediker en het ook 'n musiek talent van ons Vader ontvang.

Ek doen berading, bevryding, bevestig huwelike, doen begrafnisse, doen EEIII dissipelskap opleiding asook Trauma berading en opleiding.

Ek is Past Bert Werner en het baie lank op JIL Gosple Radio uitgesaai.
Vir my is dit egter nie om myself nie, maar om die Boodskap so ver as moontlik uit te dra. Ek self is 36 jaar in die bediening, het Landwyd verskeie Konferensie gehou en doen nog op aanvraag.
Persoonlik is my hart baie Evangelist is, het 12 Jaar deur land getoer met Groot Tent onder Jesus Christ Ministries. Voltyds gemeente begin 26 jaar gelede in die Weskus, onder die bekend naam Aruba Ministries Vredenburg, tot voor die Covid my gedwing het om toe te maak. Tans weer n Gemeente begin het met die naam "Beit Shalom Ministries Saldanha.
-------

Ek is Past. Elsa van Zyl en dien die Here al vir nege jaar voluit. Intussen het ek deur World Harvest Bible College my Pastorale sertifikaat op 2 Februarie 2018 verwerf. Wat aanvanklik net vir die kennis bedoel was, het ná die eerste drie maande reeds tot my besef gekom dat ek nie meer daaroor kan stilbly nie. Die *Evangelie* moet uit ! Hierdie jaar staan ek al ses jaar in die bediening. My Program VOETSPORE IN DIE SAND was absoluut die antwoord op 'n gebed en die verwensliking van 'n droom. Jesus se Voetspore in die sand word deur die Heilige Gees aangebied en bly ek net die instrument vir Hom.
Ek is lief vir mense en my passie vir siele gaan vir alle ouderdomme. Alhoewel ek voorkeur gee aan die kindertjies en die grysaards, by wie ek steeds baie leer.

More so bietjie oor myself. : kom kragdadig tot bekering in 1982. God haal my uit die strate van Hillbrow waar sonde en ongeregtigheid my verswelg het. En steeds dien ek Hom met blydskap en oorgawe.
Hy roep my vir Sy diens en salf my met vuur en krag.
Ek sê altyd" ek is in die vuur gered en nie in n yskas nie". My God doen die ommoontlike.
Bedien orals by gemeentes soos die Here my lei en die aanvraag is..

Pastoor LetitiaR is al 15 jaar in die bediening en is 'n gesalfde van die Here met 'n gawe van Insig van die Woord, Onderskeidingsgees, Visioene en Openbaring wat sy met ons deel.

Letitia doen ook Inseen van kindertjies, Huweliksbevestiging, Begrafnisse, Berading, Bybel Skool en Berading.

Ek is Pastoor Sanita, geroep om as Boodskappertjie van GOD, boodskappe af te lewer soos dit GOD behaag, ongeag die gevolge. Die HERE JESUS CHRISTUS, my laas jaar Augustus gestuur gaan sê vir my volk vlg jaar 2024, sal die opbrengs van die oeste, wêreld wyd te min wees vir die wêreld se bevolking, April bevestig die: https://www.ncei.noaa.gov, die wêreld se tekorte aan oeste, so erg dat daar reeds in April te min kos is vir 20 miljoen mense net in die Suidelike halfrond van Afrika, sonder om die ander wêreld plekke in ag te neem. Die HERE is my BORG oor die boodskap afgelewer. Ek kondig September 2023 dat die BID en Glo tydperk aangebreek het, soos ek dit direk uit die kamers van die hemel ontvang het, voor die Uurglas, wat besig is, om uit te loop. April Bevestig die HERE die Aankondiging met die Sonsverduistering, wat wêreldwyd gesien en ervaar kon word. Gee die HERE my meer as eenkeer 'n gesig van wat op SA wag, van donkerwolke, bloed, chaos en baie trane, en sê, die verkiesing is die vuurhoudjie, wat die vuur onder die pot aansteek, U spreek en sê, sê vir MY volk, wee hulle wat nie Gered is wanneer daardie pot oorkook nie, gaan en Waarsku MY volk dringend. Ook hierin sal GOD se wil geskied, ongeag hoe dit op die oog af mag lyk.
Ek het 'n Kragtige bediening deur die HEILIGE GEES, het die hel, die eerste keer, op 3 jaar gesien. Was in die Boek kamer van die HEMEL, waar elke mens se woorde en dade opgeteken word. Was ook by die Uurglas in die hemel, en kan net mense maan dat die tyd byna verstreke is, die Uurglas is vinnig besig om uit te loop. Ek het ook die voorreg gehad, om in die SKADUWEE, van die HEILIGHEID, van GOD, se Teenwoordigheid te vertoef, al wat ek kan sê, is as GOD se SKADUWEE van SY HEILIGHEID so 'n Kragtige uitwerking op die nietige mens het, wil ek nooit GOD se Woede ervaar nie. Kan ek net sê, ek weet, waarom Paulus ons maan, om ons eie Heil uit te werk met Vrees en Bewing. Dit is vir my 'n voorreg om as Boodskappertjie, van GOD elke dag in die Teenwoordigheid van die HEILIGE GEES, bedien te word, met die WAARHEID van GOD se WOORD en SY GEREGTIGHEID, in my stiltetyd, in my Dagstukkies en in elke dag se Woord wat ek nou al 'n paar jaar elke dag, Kragtig, bring. 'N volledige WOORD uit die Kamers van die HEMEL. Met die HERE JESUS CHRISTUS as my BORG. Ek glo in gebed. Gebed het vir my, my kar voorsien, om die werk van die HERE te kan doen. Ek met 'n gesin in totaliteit van 4, sonder enige vaste inkomste, sonder 'n fisiesiese bediening, net foon bediening, geen ander inskomste van ander se tiendes ens nie, in totaliteit afhanklik van die ALLERHOOGSTE GOD. Ook daar is die HERE JESUS CHRISTUS my BORG, het ek elke dag wat ek nodig het om Kragtig voort te gaan is SY WAARHEID. Kan ek Getuig, van die Krag van Gebed, en die Getrouheid van GOD, om te voorsien aan hulle wat HOM waarlik in GEES en WAARHEID aanbid. Om noukeurig te Wandel volgens die WAARHEID van GOD se WOORD, en baie belangrik, om die tyd werklik elke dag uit te koop om 'n hele paar uur, met GOD deur te bring, in SY Teenwoordigheid te vertoef, hoe meer tyd jy met GOD spandeer, hoe Kragtiger word SY WIL, Lewend, in jou lewe.

Ek is Pieter Joubert.  65 jaar oud.
Ek het groot geword in n huis waar ons die Here gedien het.  Ek het gekatkiseer en is aangeneem en voor gestel in die Hervormde gemeente te Sundra.  Ek het daar vir  baie jare kategese  aangebied  en was ook baie jare lank n diaken gewees.  Weens dat ek getrek het het ek van gemeente verander en ook oor gegaan na Jesus is lig AGS gemeente te Eastvale, waar ek onder leiding van my jare lange vriend en kollega Past. Ben Loubser begin het om woord te bedien, eers by n versorgings sentrum en toe by die Habakuk geseëndes met tye.  Dit is Jesus is lig se Bybel studie groep. Ek het n klein whatsapp groep waar ek die woord deel met die naam ' kom ons aanbid saam" en n faceboek groep met dieselfde naam.  Ek geniet dit terdee om met mense oor Jesus te praat en my kennis met hulle te deel.  Doen ook bietjie berading vir familie en vriende.  Wat is dan lekkerder as om vir God te werk.  Ek doen dit met liefde en dankbaarheid, want Jesus is my hele lewe.  Ek is gereed, is jy?   Wees geseênd.

Priszilla Harmse

Formele Onderrig

Sertifikaat ontvang deur Neels Prinsloo WOORDSKOOL vir al die volgende voorgeskrewe vakke geslaag: 
*Die Woord
*Nuwe Skeppingswaarhede
*Geloof
*Bloedverbond
*Lewe- en Bediening van Jesus
*Die Boek Jakobus
*Heilige Gees as Persoon
*Heilige Gees Gawes/Leiding
*Geloofsbeginsels
*Genesing
*Koninkrykbeginsels
*Vind jou bediening
*Huweliksverryking
*Evangelisasie

Ondervinding

Sondagskool bediening vir 15jaar. Superintendent vir 3 jaar.

Op opdrag van Abba Vader  ñ boek geskrywe getitel: HERSTEL VAN GOD SE HEILIGDOM; ñ samestelling van Goddelike  Openbaringe,  persoonlike getuienisse en ñ reeks naggesigte as ook onthulling van misleiding binne die kerke wat gepaard gaan met die afvalligheid van die laaste dae.

Sending werk in Namibie en Suid-Afrika gedoen.
Evangelisasie tot publiek, asook Christelike Berading.

DRIE GEROEPE WARRIORS OM ONVERSKROKKE DIE WOORD IN WAARHEID TE BEDIEN TOT EER VAN JESUS!